Friday, November 6, 2009

Belfast & ready to go.

Ons het by ons bnb aangekom in belfast. Die tannie is nice: het vir ons gese dat sy bekommerd oor ons was (ah hoe nice). Maar sy't ook gese ons mag nie ons fietse in bring nie, want vorige mense het fiets olie orals binne een van die eenhede gemors.

Bestuur hier na toe het so vinnig gegaan. Tony is n baie interessante ou. Hy het al n huis laat bou, het al ge'ski' en 'n klomp ander cool dinge gedoen. Nou ontspan ons rustig op ons beddens. Dink ek gaan gou n stort, askies, bad vang (hiet is net n bad) en dan lekker in kruip. Hierdie Belfast is n koue plek, ons het albei langmou toppe aan.

Ek en Tony het al alby baie keer deur belfast beweeg, maar dis die eerste keer dat enige van ons van die hoofpad deur belfast af gewyk het. Sien nogal uit om die ander deel van die dorpie in die daglig te sien.

Good night, sleet tight!

No comments:

Post a Comment