Ja 'n wonderlike 3e plek! Jipee ons is baie bly. Van die meer as 25 spanne wat begin het, het slegs omtrent 5 offisieel klaar gemaak. Offisieel klaar maak beteken n span het al die control punte (cp's) gekry en dus die hele baan voltooi. Die hoof rede dat die ander spanne nie offisieel klaar gemaak het nie is dat hulle nie betyds by 2 belangrike afsny punte gekom het nie en hulle was dan op n verkorte weergawe van die wedloop verder gestuur om betyds te kan klaar maak. Nog n rede is dat n span dalk betyds klaar gemaak het maar dan gediskwalifiseer was omdat hulle nie alle cp's gekry het nie. En laastens kon spanne net plain weg op gegee het. Ons het gisteraand n meisie gesien wat haar arm gebreek het met n val! Dit was reeds in gibs.
So as julle nog nie kon aflei nie.. dit was n tuff race! Ek is sat: my regter voet is opgeswell, albei my enkels is seer, het n knop op my regtet knie, albei my elm boë is seer van valle en my hande en gewrigte is seer. Ons is nou op pad terug JHB toe en on al 3 hink-n-pink so in die garage se winkels as ons stop. Snaaks genoeg het ek nie veel spier seer nie?! Wepener is vernoem ns Gnl. Louw Wepener wat in oorlog met die Basoetoe's dood gemaak is, en ek dink sy gees het gister terug gekom om ons skade aan te doen (joke).
Nou ja, nou is dit lank lank herstell. Miskien volgende maand die Bonamanzie Adventure Race doen in Lydenburg..
Kan nie wag om my Prinses te sien nie.
Foto's is van die prys uitdeling (o ja ons het R 1000 vir 3e plek gewen!) en huis toe ry vroeg vanoggend, 4uur gery.
Saturday, October 24, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Great post boeta! Jy het dit goed beskryf. Jy het net vergeet om te sê van die: semi-sonsteek, gebrek aan water en dehidrasie, eindlose kilos se fietsstoot, wanvoeding, my vrou se &#%$*@! fietstrap wat ons kuite en maermerries op gemaal het, die onmenslike kilos modder waar ons moes deur en dit als met amper 50kg op ons rue.
ReplyDeleteHey, dit help nogals om dit uit te skryf... Ek voel nou sommer beter:)
Maar dit was 'n adventure! Presies waarvoor ons op geteken het. Wepener is beautiful en ek het weer dele van ons Vader se natuur gesien wat my asem weg geslaan het!
Nes jy sê, ready for the next adventure!
W