Saturday, October 24, 2009

3e Plek met Oorlogs Wonde van Gnl. Louw Wepener

Ja 'n wonderlike 3e plek! Jipee ons is baie bly. Van die meer as 25 spanne wat begin het, het slegs omtrent 5 offisieel klaar gemaak. Offisieel klaar maak beteken n span het al die control punte (cp's) gekry en dus die hele baan voltooi. Die hoof rede dat die ander spanne nie offisieel klaar gemaak het nie is dat hulle nie betyds by 2 belangrike afsny punte gekom het nie en hulle was dan op n verkorte weergawe van die wedloop verder gestuur om betyds te kan klaar maak. Nog n rede is dat n span dalk betyds klaar gemaak het maar dan gediskwalifiseer was omdat hulle nie alle cp's gekry het nie. En laastens kon spanne net plain weg op gegee het. Ons het gisteraand n meisie gesien wat haar arm gebreek het met n val! Dit was reeds in gibs.

So as julle nog nie kon aflei nie.. dit was n tuff race! Ek is sat: my regter voet is opgeswell, albei my enkels is seer, het n knop op my regtet knie, albei my elm boë is seer van valle en my hande en gewrigte is seer. Ons is nou op pad terug JHB toe en on al 3 hink-n-pink so in die garage se winkels as ons stop. Snaaks genoeg het ek nie veel spier seer nie?! Wepener is vernoem ns Gnl. Louw Wepener wat in oorlog met die Basoetoe's dood gemaak is, en ek dink sy gees het gister terug gekom om ons skade aan te doen (joke).

Nou ja, nou is dit lank lank herstell. Miskien volgende maand die Bonamanzie Adventure Race doen in Lydenburg..

Kan nie wag om my Prinses te sien nie.

Foto's is van die prys uitdeling (o ja ons het R 1000 vir 3e plek gewen!) en huis toe ry vroeg vanoggend, 4uur gery.

Friday, October 23, 2009

Gepak en op pad

Kyk daai mooi rooi bakkie van Stephan. Lekker gelaai. Ji my lief hierdie trailot is fantasties, het sulke cool rakkies waarin 8 kratte soos ons 2tjies mooi in gly. En elke krat is mooi gemerk. EN dan is daar nog plek om 4 van daardie groter 'race crates' in te laai soos die rooie wat ek huis toe gebring het, 'n super nice friskas/deepfreeze, en om dit als te kroon nog gemaklik plek vir kamp stoele
+ tafels met n oop vou tent bo op. Dis ideal vir kamp. Langs beide kante vou daar tafels oop. Dis nogal warm in die kar en ek en wiehan het nog net ontbyt gehad - daar gaan ons carboloading daarmee heen want jy moet nog kos saam dit eet. Wens nou ekt gisteraand se kos onthou. Sit nou in bietjie verkeer soos ons uit die suide van die stad uit probeer kom.

Mmmwa!

Toets 123 The ultimate summit adventure race

Heirdie is my 1e blog en dit is toegewy aan my liewe vrou, Izaan! Dis vir jou my liefie sodat jy my lekker kan volg. Ek hoop regtig nou ek kan my foon ge'charge' kry want ek sien nou uit om baie te blog. Yiha!